4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 21 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-01-2019 só ingevul:



Die dokters het heelnag hard gewerk en uiteindelik die pasiënt ........ .


10 % (afgerond)gedeurhaal
10 % (afgerond)deergehaal
2 % (afgerond)gedeerhaal
78 % (afgerond)deurgehaal 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "deergehaal" in plaas van die korrekte "deurgehaal".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Marius bak gereeld ........ op die meisies.



88 % (afgerond)poetse 
7 % (afgerond)poetses
5 % (afgerond)poetsens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Ons huishulp kom altyd op 'n ........ .


1 % (afgerond)dinstdag
2 % (afgerond)Dinstdag
85 % (afgerond)Dinsdag 
12 % (afgerond)dinsdag

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Ons dorp gaan gebuk onder 'n ........ aan water.


66 % (afgerond)gebrek 
25 % (afgerond)gebreek
6 % (afgerond)gebrêk
3 % (afgerond)gebrëk

Die selfstandige naamwoord van die werkwoord "gebreek", is "gebrek" en kry geen skryftekens nie, omdat die klank nie gerek word nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties