4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 22 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-01-2019 só ingevul:



Die restaurant met sy kaggel is lekker knus in die winter.
Wat is die woordsoort van die woord "knus" in bostaande sin?


14 % (afgerond)werkwoord
55 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
20 % (afgerond)bywoord
11 % (afgerond)selfstandige naamwoord

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “knus” kaggel. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “knus”, “knusser”, “knusste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Jy moenie ........ nie!


70 % (afgerond)seerkry 
26 % (afgerond)seer kry
4 % (afgerond)seer-kry

Wanneer 'n bywoord ("seer") plus 'n werkwoord ("kry") met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry wat verskil van die oorspronklike groep, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




........ het geen plek by hierdie universiteit nie.


15 % (afgerond)Geks
2 % (afgerond)gekke
82 % (afgerond)Gekke 
1 % (afgerond)geks

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




Sy het ........ uit die hof gestap nadat die landdros haar onskuldig bevind het.



3 % (afgerond)skot fry
9 % (afgerond)skotfry
16 % (afgerond)skot vry
71 % (afgerond)skotvry 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties