4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 22 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-01-2019 só ingevul:



Van al die ligte in die huis is hierdie een die ........ ; 'n mens kan skaars sien wat in die vertrek aangaan.


74 % (afgerond)mees gedempte 
3 % (afgerond)meer gedemp
23 % (afgerond)mees gedempste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “gedemp”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “meer gedempte” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mees gedempte”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Jason is baie ........ ; op 24 het hy al drie grade agter sy naam gehad.


8 % (afgerond)ambusieus
1 % (afgerond)ambuseus
89 % (afgerond)ambisieus 
2 % (afgerond)ambiseus

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “ambusieus” in plaas van die korrekte “ambisieus”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




James reis nie graag deur ........ nie.


2 % (afgerond)wes Europa
1 % (afgerond)Weseuropa
78 % (afgerond)Wes-Europa 
18 % (afgerond)Wes Europa

By meerledige geografiese name, hetsy los of met 'n koppelteken vas geskryf, begin elke deel van die naam met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Kan jy vir ons uitbrei op die ........ van hierdie stuk prosa?


10 % (afgerond)sintaksus
4 % (afgerond)syntaksus
85 % (afgerond)sintaksis 
1 % (afgerond)sintaaksis

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "sintaksis" kom van die Grieks "sun", wat 'saam' beteken, en "tassein", wat 'rangskik' beteken.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties