4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 23 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-01-2019 só ingevul:



Dit is belangrik dat hartlyers gereeld ........ moet laat doen.


3 % (afgerond)EKG'e
2 % (afgerond)EKGe
18 % (afgerond)EKGs
77 % (afgerond)EKG's 

Die afkappingsteken word gebruik by meervoudsvorme van afkortings waarvan die letters afsonderlik uitgespreek word. Die keuse tussen -'s of -'e word bepaal deur meervoudsvorm van die laaste letter: "G" se meervoud is "G's" en die korrekte antwoord is dus "EKG's". Sien reël 3.18 in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.


5 % (afgerond)lithium battery
63 % (afgerond)litiumbattery 
29 % (afgerond)lithiumbattery
3 % (afgerond)litiumbatery

ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




........ is die jongste staat in Afrika.


suidsoedan
suid sudan
92 % (afgerond)Suid-Soedan 
8 % (afgerond)Suid-Sudan

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel. Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.




Idioom: Hy gee my 'n ........ onder water.


19 % (afgerond)hou
41 % (afgerond)skop
34 % (afgerond)steek 
6 % (afgerond)soen

Hierdie idioom beteken 'hy sê my op indirekte wyse sleg'.

Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties