4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 24 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-01-2019 só ingevul:



'n Oormaat blootstelling aan ........ is skadelik vir 'n mens se gesondheid.


15 % (afgerond)bakterië
84 % (afgerond)bakterieë 
1 % (afgerond)bakteries

Woorde wat in die enkelvoud op "ee", "i" (wat nie deel van 'n diftong is nie), "ie" of "oe" eindig en 'n meervoud met "-e" kry, word onderskeidelik met "eë", "ië", "ieë" en "oeë" gespel (AWS 13.10).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die koejawels wat my sussie gebring het, smaak ........ .


74 % (afgerond)vrank 
vranck
26 % (afgerond)frank
franck

"Frank" verwys na die ou Franse geldeenheid, terwyl "vrank" na 'n slegte of onaangename smaak verwys.
Sien ook die bladsy Homofone.




Drie ........ het op die strand uitgespoel.


2 % (afgerond)slegs lang bek gewone dolfyne
50 %langbek gewone dolfyne of langbek- gewone dolfyne
20 % (afgerond)slegs langbek-gewone-dolfyne
27 % (afgerond)slegs langbek- gewone dolfyne 

Volgens die nuwe AWS word moet afstandsamestellings met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“gewone”) sou dit vas geskryf word as “langbekdolfyne”
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die brand is ........ onder beheer gebring.


1 % (afgerond)slegs groots
30 % (afgerond)slegs grotendeels
60 % (afgerond)grotendeels of grootliks 
9 % (afgerond)slegs grootliks

Die woorde "grotendeels" en "grootliks" is sinonieme en beteken 'in 'n groot mate'; die woord "hoofsaaklik" beteken 'veral' of 'vernaamlik', byvoorbeeld: Sy lê haar hoofsaaklik op die studie van insekte toe.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties