4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 25 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-01-2019 só ingevul:



'n Antoniem vir die woord "verkeerd" is ........ .


22 % (afgerond)foutief
72 % (afgerond)reg 
5 % (afgerond)onjuis

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.




James is 'n ........ werktuigkundige; hy kan enige motor herstel.


4 % (afgerond)behendug
19 % (afgerond)behendig
76 % (afgerond)behendige 
1 % (afgerond)behenduge

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Idioom: In iemand se ........ krap.


16 % (afgerond)kos
68 % (afgerond)slaai 
8 % (afgerond)boeke
8 % (afgerond)laai

Hierdie idioom beteken 'hom in liefdesake of ook andersins benadeel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die hael het ons motor beskadig.
Wat is die woordsoort van "beskadig" in bostaande sin?


7 % (afgerond)selfstandige naamwoord
76 % (afgerond)werkwoord 
7 % (afgerond)bywoord
10 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "beskadig", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties