4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 25 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-01-2019 só ingevul:



Die Departement van Landbou is besig om 'n nuwe ........ in werking te stel.


61 % (afgerond)wyn-van-oorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel 
28 % (afgerond)wynvanoorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel
9 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong-stelsel
3 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong stelsel

Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde (“wyn van oorsprong”) wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde (“stelsel”), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Samestellings.




ʼn Versperring in 'n pad wat verhoed dat ʼn oproerige skare verby kan kom, is 'n ........ .



18 % (afgerond)kordon
50 % (afgerond)barrikade 
32 % (afgerond)blokkade

Die polisie gebruik "barrikades" om oproeriges in bedwang te bring; hulle hou "blokkades" om voertuie te deursoek. "Versperrings" is bome of ander voorwerpe wat in 'n pad lê.
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




As Ouma die eende gaan kos gee, roep sy: " ........ !"



32 % (afgerond)wielie-wielie 
23 % (afgerond)kiep-kiep
15 % (afgerond)koel-koel
30 % (afgerond)kielie-kielie

Eende word geroep met wielie-wielie (of pielie-pielie), hoenders met kiep-kiep en kalkoene met koel-koel. Sekere paddas maak kielie-kielie. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.




My neef se naam is ........ .


1 % (afgerond)kleinhenning
34 % (afgerond)klein-Henning
14 % (afgerond)KleinHenning
52 % (afgerond)Kleinhenning 

Indien 'n bynaam sonder 'n koppelteken vas aan 'n ander eienaam geskryf word, is slegs die eerste letter 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties