4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 28 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-01-2019 só ingevul:



Ek glo daaraan om elke geleentheid in die lewe te ........ .


17 % (afgerond)benit
7 % (afgerond)benet
76 % (afgerond)benut 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “benit” in plaas van die korrekte “benut”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Die kat het al die voëls ........ .



85 % (afgerond)verjaag 
5 % (afgerond)geverjaag
10 % (afgerond)vergejaag

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




........ kan deur dinge brand en moet baie versigtig hanteer word.


13 % (afgerond)Seep soda
5 % (afgerond)seepsoda
80 % (afgerond)Seepsoda 
2 % (afgerond)seep-soda

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




Die speurder stel die ........ verloop van gebeure op.


25 % (afgerond)chronologiese
38 % (afgerond)chronologiese of kronologiese 
37 % (afgerond)kronologiese

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "chronologiese – kronologiese"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "Chinees – Sjinees".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties