4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 28 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-01-2019 só ingevul:



Jy moet jou opstelle 'n bietjie ........ skryf, dan sal jy meer punte kry.


74 % (afgerond)bondiger 
21 % (afgerond)meer bondig
meer bondigste
5 % (afgerond)meer bondiger

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “bondig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “bondiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die bondigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




........ die nuwe wet betaal ons nou meer belasting.


88 % (afgerond)Ingevolge 
In-gevolge
1 % (afgerond)In gevolg
11 % (afgerond)In gevolge

Wanneer betekenisverdigting plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Jou ........ lewenstyl gaan jou nog duur te staan kom.


96 % (afgerond)goddelose 
3 % (afgerond)godlose
1 % (afgerond)goddeloos
godloos

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("goddeloos"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Idioom: As dit ........ reën, moet 'n mens skep.


10 % (afgerond)manna
88 % (afgerond)pap 
1 % (afgerond)hard
1 % (afgerond)sneeu

Die idioom "as dit pap reën, moet 'n mens skep", beteken ''n mens moet elke geleentheid benut'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties