4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 28 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-01-2019 só ingevul:



Die ........ van die koshuis sê die brand het omstreeks twee-uur die oggend uitgebreek.


woners
69 % (afgerond)inwoners
31 % (afgerond)bewoners 

Die woorde "bewoner" en "inwoner" is semanties baie na aan mekaar. 'n Duimsuigreël wat gebruik kan word, is om te sê dat 'n inwoner dikwels een of ander amptelike status binne 'n spesifiek begrensde geografiese gebied het, byvoorbeeld 'n inwoner van 'n land, provinsie of stad. Vir die meeste ander gevalle gebruik 'n mens "bewoner". 'n Mens sal dus praat van "eilandbewoners", maar "inwoners van die Maledive". Bron: https://onzetaal.nl/taaladvies/advies/bewoner-inwoner
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Hy het ........ by die dinee opgedaag.


11 % (afgerond)dooddeftig
1 % (afgerond)breekdeftig
84 % (afgerond)kraakdeftig 
4 % (afgerond)smoordeftig

Iemand wat baie netjies en deftig voorkom, is "kraakdeftig".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Die huis is toegerus met drie slaapkamers, twee badkamers en 'n ........ .


5 % (afgerond)oopplan-sitkamer- en eetkamer
21 % (afgerond)oopplan-sit- en -eetkamer
7 % (afgerond)oopplan-sit en eetkamer
67 % (afgerond)oopplan-sit-en-eetkamer 

Omdat ons hier met een vertrek te make het, word die hele woordgroep aan mekaar gekoppel.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die baan het die ruiters se vernuf tot die uiterste beproef.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "vernuf" in bostaande sin?



1 % (afgerond)versamelnaam
13 % (afgerond)soortnaam
84 % (afgerond)abstrakte naamwoord 
2 % (afgerond)eienaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vernuf", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties