4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 29 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-01-2019 só ingevul:



Die Van der Merwes slag elke jaar 'n bees.
Wat is die woordsoort van "slag" in bostaande sin?


5 % (afgerond)selfstandige naamwoord
90 % (afgerond)werkwoord 
3 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "slag - geslag".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Verkies jy ’n trui met ’n ........ of ’n halternek?


9 % (afgerond)veenek
6 % (afgerond)V nek
8 % (afgerond)vnek
77 % (afgerond)V-nek 

Wanneer ʼn syfer, simbool of getal met ʼn woord verbind om ʼn samestelling te vorm, word die syfer, simbool of getal met ʼn koppelteken aan die res verbind, byvoorbeeld V-nek, B-graad, C-klas.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die Arabiese woord vir God is " ........ ".


1 % (afgerond)slegs allah
23 % (afgerond)allah of Allah
2 % (afgerond)slegs Alaa
74 % (afgerond)slegs Allah 

Godsdienstige eerbiedsbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Idioom: ........ is die beste kok.


8 % (afgerond)Katrina
80 % (afgerond)Honger 
7 % (afgerond)Die muis
4 % (afgerond)Kerneels

Die idioom "honger is die beste kok", beteken 'as 'n mens honger is, smaak alles lekker'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties