4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 30 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-01-2019 só ingevul:



Ellen is die koördineerder van die ........ .


3 % (afgerond)visuele kuns-program
2 % (afgerond)visuele kuns program
46 % (afgerond)visuele kunsprogram
49 % (afgerond)visuelekunsprogram 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "visuele" + selfstandige naamwoord "kuns") en ʼn selfstandige naamwoord "program".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Dit was so warm, die kwik het tot ........ grade gestyg!


5 % (afgerond)36'5
52 % (afgerond)36,5 
43 % (afgerond)36.5
36;5

Ons gebruik kommas om desimale by getalle aan te dui.
Sien ook die bladsy Komma.




Die regering sê hy ........ by sy belofte om mense se lewens te verbeter ondanks die swak ekonomie.


uitstaan
54 % (afgerond)volstaan
44 % (afgerond)staan 
1 % (afgerond)behou

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “by 'n belofte staan”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




My ........ Piet teel ayrshires, friese en jerseys, want afrikaners en bramane is nie goeie melkproduseerders nie.



13 % (afgerond)Oom
87 % (afgerond)oom  

Wanneer 'n voornaamwoord ("my") voor 'n persoonsnaam ("oom") staan, word die persoonsnaam nie met 'n hoofletter geskryf nie.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties