4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 30 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-01-2019 só ingevul:



Weens haar diepe belangstelling in ........ , volg Suzane elke berig daaroor op.


1 % (afgerond)äërodinamika
5 % (afgerond)äerodinamika
46 % (afgerond)aërodinamika 
48 % (afgerond)aerodinamika

"Aërodinamika" is 'die leer van die beweging van gasse in die lug'.
Die deelteken in "aërodinamika" dui vir ons aan dat die twee vokale "ae" nie as 'n diftong uitgespreek word nie, maar wel as twee verskillende klinkers.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Ek moet 'n ander motor koop; gee vir my die ........ aan dat ek kyk wat adverteer hulle.


1 % (afgerond)tweede handse motorgids
89 % (afgerond)tweedehandsemotorgids 
tweede handse motor gids
10 % (afgerond)tweedehandse motorgids

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "motor") en ʼn selfstandige naamwoord "gids". Indien 'n mens "tweedehandse motorgids" sou skryf, beteken dit ''n tweedehandse gids waarin motors verskyn' en nie ''n gids waarin tweedehandse motors verskyn' nie.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Ek moet die ........ om drieuur gaan spreek.


7 % (afgerond)slegs Professor
28 % (afgerond)Professor of professor
3 % (afgerond)slegs proffessor
62 % (afgerond)slegs professor 

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5). Waar sulke vorme nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




'n Versameling sterre is 'n ........ .


48 % (afgerond)melkweg
2 % (afgerond)sterres
1 % (afgerond)gesterre
49 % (afgerond)gesternte 

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Die Melkweg is die naam van 'n spesifieke sterrestelsel.
Sien ook die bladsy Versamelname.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties