4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 31 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-01-2019 só ingevul:



My suster-hulle se huis is in 'n ........ .


2 % (afgerond)koel-de-sak
koel-de-suk
8 % (afgerond)cul-de-suc
90 % (afgerond)cul-de-sac 

'n Ander woord vir "cul-de-sac" is "doodloopstraat". Die woord kom oorspronklik uit Katalaans en beteken letterlik 'agterent van 'n sak'.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Hierdie ........ is kleiner as die res, want die vleis het opgeraak.



91 % (afgerond)frikkadelletjie 
2 % (afgerond)frikkadellekie
2 % (afgerond)frikkadeltjie
4 % (afgerond)frikkadelletje

Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Ou Matthew sit al weer in die hoek en huil omdat hy die wedstryd verloor het. Hy is 'n regte ........ !


3 % (afgerond)kermderm
3 % (afgerond)huilmuil
1 % (afgerond)saniksarel
93 % (afgerond)tjankbalie 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “tjankbalie”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Die woord "tjankbalie" is iemand wat maklik vir enigiets huil.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




'n Groep ........ het 'n beroep op die regering gedoen om in te gryp en droogtehulp aan boere te verleen.


11 % (afgerond)handelsboere
88 % (afgerond)kommersiële boere 
1 % (afgerond)kommersieele boere
handels boere

In baie gevalle word die Engelse woord "commercial" met "handels-" vertaal. In die geval van "commercial farmers" is "kommersiële boere" egter meer algemeen.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties