4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-02-2019 (vlak 1)



vorige toets 01 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-02-2019 só ingevul:



Die speler het die bal hard ........ .


5 % (afgerond)gedrywe
72 % (afgerond)gedryf
21 % (afgerond)gedryf of gedrywe 
2 % (afgerond)gedreif

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “dryf – drywe”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




Die polisie het gesê mense moet op die uitkyk wees vir ........ wat uit die tronk ontsnap het.


8 % (afgerond)bandiets
3 % (afgerond)bandites
7 % (afgerond)bandite
82 % (afgerond)bandiete 

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Idioom: Die mure het ........ .


5 % (afgerond)voete
3 % (afgerond)neuse
4 % (afgerond)hande
89 % (afgerond)ore 

Die idioom "die mure het ore" beteken 'dit is gevaarlik om te veel te sê'.
Dit kom moontlik van die agterdogtige Franse koningin, Catherine de Medici, wat glo met buise in die mure gesprekke afgeluister het.
(Bron: Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




In sprokies is daar dikwels karakters wat kan toor.
Wat is die woordsoort van "toor" in bostaande sin?



87 % (afgerond)werkwoord 
4 % (afgerond)voegwoord
5 % (afgerond)bywoord
4 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "toor - getoor".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties