4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-02-2019 (vlak 3)



vorige toets 01 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-02-2019 só ingevul:



Fanus was opgewonde om die eerste heldergroen ........ van die lente in die tuin op te merk.


3 % (afgerond)mooi meisies
79 % (afgerond)mooimeisies 
Mooi meisies
18 % (afgerond)Mooimeisies

Byvoeglike naamwoorde (soos "oranje" en "groot") en selfstandige naamwoorde (soos "huis" en "lepel") word gewoonlik los van mekaar geskryf. Deur die proses van betekenisverdigting smelt die woorde saam en vorm 'n splinternuwe begrip. So sal "'n mooi meisie" verwys na 'n aantreklike dame, maar "'n mooimeisie" na 'n spesifieke, helderkleurige voëlsoort.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




My ma het die wasmasjien op 'n ........ veiling gekoop, want sy hou nie daarvan om te hoor hoe mense om haar op iets bie nie.


13 % (afgerond)boksveiling
25 % (afgerond)stille veiling 
12 % (afgerond)geheime veiling
51 % (afgerond)spookveiling

'n Stille veiling is wanneer artikels voor verkoop uitgestal word en bieërs hul botte op papier skryf en in 'n boks plaas. Die hoogste bod wen die artikel.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Idioom: Die ........ in die pot vind.


53 % (afgerond)hond 
43 % (afgerond)haas
3 % (afgerond)leeu
1 % (afgerond)donkie

Hierdie idioom beteken 'te laat kom vir ete'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ten spyte van die feit dat ........ veselryk is, moet dit in ʼn lae-GI-dieet vermy word.



8 % (afgerond)Hubbardpampoen
25 % (afgerond)Herbertpampoen of herbertpampoen
5 % (afgerond)Herbertpampoen
63 % (afgerond)Hubbardpampoen of hubbardpampoen 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). Die name van variëteite kan met hoof- of kleinletters geskryf word. Die gewone naam vir "Cucurbita maxima subsp. hubardiana" staan in Afrikaans bekend as "hubbardpampoen" en nie "herbertpampoen" nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties