4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-02-2019 (vlak 2)



vorige toets 06 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-02-2019 só ingevul:



Die ........ is tussen 1946 en 1956 in grotte in die omgewing van Qoemran ontdek.


17 % (afgerond)Dooie-See-Rolle
21 % (afgerond)Dooie-Seerolle
27 % (afgerond)Dooieseerolle
35 % (afgerond)Dooie Seerolle 

In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Dooie See") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("rolle") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Dooie Seerolle" is "Dooie See-rolle" dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




My vriende wat ........ is, glo nie in die bestaan van God nie.


1 % (afgerond)attiiste
5 % (afgerond)ateiste
83 % (afgerond)ateïste  
11 % (afgerond)atieïste

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Idioom: 'n Ou ........ word nie maklik verplant nie.


3 % (afgerond)boord
1 % (afgerond)tuin
1 % (afgerond)plant
96 % (afgerond)boom 

Die idioom "'n ou boom word nie maklik verplant nie", beteken ''n ou mens hou nie van veranderings nie'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ van die Parlement is me. Baleka Mbete.


17 % (afgerond)slegs speaker
50 % (afgerond)speaker of Speaker 
33 % (afgerond)slegs Speaker

'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties