4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-02-2019 (vlak 1)



vorige toets 08 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-02-2019 só ingevul:



Dit is 'n sterk gom.
'n Antoniem vir "sterk" in die bogenoemde sin is:


83 % (afgerond)swak 
17 % (afgerond)goeie

Die antoniem van 'n woord is 'n woord met 'n teenoorgestelde betekenis.
Sien ook die bladsy Antonieme.




Die kerk hou die gemeente se ........ in toom.


20 % (afgerond)sedens
9 % (afgerond)sedeë
5 % (afgerond)seeds
67 % (afgerond)sedes 

Naamwoorde wat op “-e” eindig, kry ʼn “-s” in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "sede - sedes".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




As jy jonk, maar ervare is, sê ons in die idioom: "Bietjie baard, maar ........ ".


22 % (afgerond)baie hare
29 % (afgerond)klipsteenhard 
49 % (afgerond)baie vaart

Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die houtkapper kap hout dat die spaanders so spat.
Wat is die woordsoort van "spaanders" in bostaande sin?


9 % (afgerond)voornaamwoord
18 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
70 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
3 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “spaander - die spaander - spaanders”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties