4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-02-2019 (vlak 3)



vorige toets 08 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-02-2019 só ingevul:



Jy sal sien, sy sal nog vanself ........ .


9 % (afgerond)reg kom
91 % (afgerond)regkom 

Samestellings wat uit 'n bywoord en 'n werkwoord bestaan, word vas aan mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die Afrikaans vir die Engelse woord "sodium" is ........ .



16 % (afgerond)sodium
1 % (afgerond)natriet
10 % (afgerond)soda
73 % (afgerond)natrium 

Sommige elemente is maklik om van Engels af te lei, byvoorbeeld "calsium - kalsium", "neon - neon", "manganese - mangaan". Ander elemente is moeiliker en moet geleer word, byvoorbeeld "sodium - natrium", "potassium - kalium".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Die twee partye het ooreengekom om eers te verdaag en weer ter ........ tyd te vergader om die onderwerp opnuut aan te roer.


40 % (afgerond)gelegener
54 % (afgerond)gelegener of geleëner 
4 % (afgerond)geleëner
2 % (afgerond)geleender

Die uitdrukking "te(r) geleëner (gelegener) tyd" beteken volgens die HAT: 'op 'n tyd wat meer geleë (geriefliker, geskikter, meer van pas) is as die huidige'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Schoemansville is langs die ........ .


55 % (afgerond)Hartebeespoortdam
3 % (afgerond)Hartbeespoort Dam
3 % (afgerond)Hartebeespoort Dam
40 % (afgerond)Hartbeespoortdam 

Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
As gevolg van die "t" en "b" was langs mekaar staan, spreek mense dikwels die naam uit as "Hartebeespoortdam", maar die amptelike naam is "Hartbeespoortdam". Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Hartbeespoortdam
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties