3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 01 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-10-2019 só ingevul:



Wat is die afkorting van generaal-majoor?


40 % (afgerond)genl-maj
36 % (afgerond)genl.maj. 
24 % (afgerond)genl.-maj.

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.




Daar is ’n ........ op die tweede bladsy.


86 % (afgerond)setfout 
11 % (afgerond)set fout
3 % (afgerond)set-fout

ʼn Samestelling ("setfout") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("set" en "fout") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




My gunstelinglekkergoed is ........ .


11 % (afgerond)belgiesesjokolade
19 % (afgerond)Belgiesesjokolade
65 % (afgerond)Belgiese sjokolade 
5 % (afgerond)Belgiese Sjokolade

Wanneer 'n byvoeglike naamwoord wat van 'n taalbenaming of 'n geografiese naam afgelei is ("Belgiese") saam met 'n soortnaam ("sjokolade") 'n woordgroep vorm, begin die tweede deel van die woordgroep met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




As kind moes ek vinnig hardloop as die ganse ........ en my jaag.


13 % (afgerond)kekkel
72 % (afgerond)blaas 
5 % (afgerond)sis
10 % (afgerond)krys

'n Gans blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties