3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 08 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-10-2019 só ingevul:



Die bejaarde dame moes haar hoof ontbloot.
Wat is die woordsoort van "ontbloot" in bostaande sin?


5 % (afgerond)naamwoord
4 % (afgerond)voorsetsel
3 % (afgerond)bywoord
89 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "ontbloot", kry nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Verkies jy ’n trui met ’n ........ of ’n halternek?


6 % (afgerond)veenek
8 % (afgerond)V nek
80 % (afgerond)V-nek 
6 % (afgerond)vnek

Wanneer ʼn syfer, simbool of getal met ʼn woord verbind om ʼn samestelling te vorm, word die syfer, simbool of getal met ʼn koppelteken aan die res verbind, byvoorbeeld V-nek, B-graad, C-klas.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Mamma lees vir ons van Jona uit die ........ .


9 % (afgerond)KinderBybel
26 % (afgerond)kinderbybel
6 % (afgerond)kinderBybel
60 % (afgerond)Kinderbybel 

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Idioom: ........ is die beste kok.


7 % (afgerond)Die muis
89 % (afgerond)Honger 
2 % (afgerond)Kerneels
2 % (afgerond)Katrina

Die idioom "honger is die beste kok", beteken 'as 'n mens honger is, smaak alles lekker'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties