3765 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-11-2019 (vlak 2)



vorige toets 07 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-11-2019 só ingevul:



Die dansers tol al in die rondte.
Ons moet 'n tol betaal as ons deur die hek wil ry.
Die woord "tol" in bostaande sinne is 'n ........ .


1 % (afgerond)antifoon
3 % (afgerond)sinoniem
75 % (afgerond)homoniem 
21 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “tol” (‘vinnig in die rondte draai’) en “tol” (‘geld wat betaal word om toegang tot 'n pad te kry’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Louise het die ........ uitrusting van die aand gedra.


2 % (afgerond)mees deftigste
2 % (afgerond)mees deftige
mees deftig
96 % (afgerond)deftigste 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “brutaal”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “deftig” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die deftigste”.
(Bron: HAT6)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die ........ van Mosselbaai het die verrigtinge geopen.


50 % (afgerond)burgemeester of Burgemeester 
15 % (afgerond)burgemeester
6 % (afgerond)Burgemeester
28 % (afgerond)burgermeester of Burgermeester

'n Ampsbenaming wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




Sy hare is langer as myne.
Wat is die woordsoort van "sy" in bostaande sin?


77 % (afgerond)voornaamwoord 
12 % (afgerond)selfstandige naamwoord
8 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
3 % (afgerond)bywoord

'n Voornaamwoord is 'n woord wat in plaas van 'n selfstandige naamwoord gebruik kan word, byvoorbeeld "Willie se hare is lank; 'sy' hare is langer as myne." en "Dit is 'my' huis.".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties