3172 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-04-2024 só ingevul:



Die baas se dogter het 'n geboortemerk op haar ........ .


1 % (afgerond)wang'tjie
98 % (afgerond)wangetjie 
1 % (afgerond)wangekie

Woorde wat op "ng" in 'n beklemtoonde lettergreep eindig (soos woorde wat net uit een lettergreep bestaan), kry 'n verkleiningsvorm met "-etjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Charmaine se baba is ........ gebore.


97 % (afgerond)prematuur 
premetier
1 % (afgerond)prematier
2 % (afgerond)premetuur

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf sommige mense verkeerdelik "prematier" in plaas van die korrekte "prematuur".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Die sterre Procyon (α CMi, 0,38 mag) en Gomeisa (β CMi, 2,9 mag) vorm die ........ , wat in die noorderhemelruim te siene is.



8 % (afgerond)klein hond
3 % (afgerond)klein Hond
7 % (afgerond)klein hondjie
82 % (afgerond)Klein Hond 

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met ʼn hoofletter (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Insulien word deur die pankreas afgeskei.
'n Sinoniem vir die woord "pankreas" is ........ .


34 % (afgerond)insulienklier
52 % (afgerond)alvleisklier 
6 % (afgerond)suikerklier
8 % (afgerond)netvliesklier

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. 'n Sinoniem vir "pankreas" is "alvleisklier". Die AWS erken ook die spelling "alvleesklier".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties