3174 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 24 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-04-2024 só ingevul:



Dit is daardie persoon se ........ ; hy sal die mees geskikte kandidaat vir die pos wees.


7 % (afgerond)spesialiteitgebied
1 % (afgerond)spesialiteit gebied
2 % (afgerond)spesialiteits-gebied
91 % (afgerond)spesialiteitsgebied 

By samestellings met 'n verbindingsklank is dit 'n fout indien 'n verbindingsklank nie tussen die komponente van die samestellings geskryf word nie. 'n Samestelling met 'n verbindingsklank word vas geskryf. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Dr. Winick ........ kan u asseblief dadelik na kamer 205 gaan?


4 % (afgerond):
12 % (afgerond)geen leesteken
77 % (afgerond), 
8 % (afgerond);

Ons gebruik 'n komma by 'n aanspreking.
Sien ook die bladsy Komma.




'n Vrou of meisie met ligte hare noem ons 'n ........ .


2 % (afgerond)ligtekop
91 % (afgerond)blondine 
1 % (afgerond)blond
6 % (afgerond)blondiene

'n Blondine is 'n vrou met blonde hare. "Blond" is 'n byvoeglike naamwoord of bywoord wat iemand met ligte hare beskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




Vandat ek verlede jaar in Taiwan was, is ek mal oor ........ kos.


54 % (afgerond)Taiwanese
16 % (afgerond)Taiwannese 
24 % (afgerond)Thaise
5 % (afgerond)Taise

Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans. Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees.
As iets van Thailand kom, is dit Thais.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties