24 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-04-2024 só ingevul:
Die byvoeglike naamwoord "diffuus" se oortreffende trap is "mees diffuse" of ........ ?
diffuusste
diffuuste
diffuste
Wanneer 'n byvoeglike naamwoord op 'n "s" eindig, word dié "s" nie geskrap wanneer die oortreffende trap gevorm word nie. Dit is dus "diffuus+ste". ("Diffuus" beteken 'verspreid'.)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die ballon ........ in die lug op.
steyg
stuig
steig styg
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee klanke wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die motor staan in die ........ .
agterplaas
agter-plaas
agter plaas
ʼn Samestelling ("agterplaas") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("agter" en "plaas") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Charlize Theron het 'n rol in 'n nuwe lokettreffer losgeslaan. Die motor rol agteruit, omdat die handrem nie vasgemaak is nie. Die woord "rol" in bostaande sinne is 'n ........ .
homofoob homoniem
homonansie
homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “rol” (‘karakter in 'n opvoering’) en “rol” (‘stadig beweeg’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)