3178 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 16 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-04-2024 só ingevul:



Die dief het soos ʼn vetgesmeerde blits weggehardloop.
Wat is die woordsoort van "blits" in bostaande sin?


74 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
8 % (afgerond)werkwoord
12 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
6 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “blits - die blits – blitse”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die lewer ........ .


5 % (afgerond)afskei gal.
91 % (afgerond)skei gal af. 
2 % (afgerond)skei-af gal.
2 % (afgerond)skei af gal.

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die lewer skei gal af.” en “Wat is dit wat die lewer afskei?”
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ons huishulp kom altyd op 'n ........ .


15 % (afgerond)dinsdag
84 % (afgerond)Dinsdag 
1 % (afgerond)dinstdag
1 % (afgerond)Dinstdag

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Wat noem ons mense wat van buite Suid-Afrika se grense kom om hulle permanent hier te vestig?


80 % (afgerond)immigrante 
12 % (afgerond)imigrante
2 % (afgerond)emmigrante
6 % (afgerond)emigrante

'n Immigrant kom die land in; 'n emigrant gaan die land uit.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties