Die begrip "regop enkeldeurkoelkaste" is nie 'n samestellende samestelling nie, aangesien die byvoeglike naamwoord "regop" na die stam van die woord "kas" verwys. Die begrip word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Mel Gibson het vele kritiek oor ........ ná sy fliek, "The Passion of the Christ", ontvang.
anti-Semitisme of antisemitisme
slegs Anti-Semitisme
slegs Anti-semitisme
slegs anti-semitisme
Afleidings op "-is", "-isme", "-istiek" en "-isties" wat uit eiename gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter (AWS 9.21).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Voltooi die idioom: "Ook ........ slaap soms."
die Duiwel Homeros
Morfeus
Satan
Ons gebruik hierdie idioom om te verwys na 'n baie nougesette persoon wat 'n fout begaan het. Homeros is die skrywer van onder andere die Ilias.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)