23 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-04-2024 só ingevul:
Die pakkie moet asseblief by die ........ afgelewer word.
sakëadres
sake adres sakeadres
sakeädres
Die deelteken word nie gebruik wanneer 'n "a" of 'n "o" voorafgegaan word deur 'n "e" wat tot 'n ander lettergreep behoort nie.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Hy is die ........ mens wat ek nog teëgekom het; hy wend geen poging aan om 'n werk te kry nie.
mees werksku
werkskuste werkskuuste
mees werkskuste
In die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op “u” eindig, word die “u” verdubbel, byvoorbeeld “kruuste”, “ruuste”, “skuuste” (AWS 16.5). "Mees sku" volg nie die patroon van Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die juwelier verkies om ........ in sy ringe te gebruik.
opaals opale
Opaals
Opale
Die name van gesteentes en minerale begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Wat noem ons iemand wat van Madagaskar kom?
Malgas
Madagask
Madagaskiaan
Madagaskarter
'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)