2982 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-03-2024 (vlak 1)



vorige toets 28 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-03-2024 só ingevul:



Die gewig van 'n ........ kan ‘n groot invloed op die speler se spel hê.


3 % (afgerond)hokkie stok
97 % (afgerond)hokkiestok 
1 % (afgerond)hokkie-stok

ʼn Samestelling (“hokkiestok”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kombuis” en “kas”) bestaan en saam een ding beteken. Gewoonlik word naamwoorde in samestellings vas geskryf, maar ander voorbeelde soos samestellende samestellings kom ook voor. Samestellings moet altyd vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Hoor hoe ........ dit op die dak.



22 % (afgerond)haël
2 % (afgerond)haal
9 % (afgerond)hagel
67 % (afgerond)hael 

Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9), byvoorbeeld "hael" en "nael".
Sien ook die bladsy Deelteken.




Idioom: Ek skrik nie vir ........ nie.



68 % (afgerond)koue pampoen 
6 % (afgerond)ʼn warm patat
4 % (afgerond)ʼn warm aartappel
22 % (afgerond)koue koffie

Die idioom "nie vir koue pampoen skrik nie" (sonder "ʼn") beteken 'nie maklik bang word nie'. Jy los iets soos ʼn warm patat, en "koue koffie" is ʼn idiomatiese uitdrukking wat gebruik word om sterk drank te benoem.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Sal ........ die geleentheid kan bywoon, mevrou?


67 % (afgerond)u 
33 % (afgerond)U

Die hoflikheidsvorm wat na mense verwys, word met 'n kleinletter geskryf. Die aanspreekvorm wat vir hoogwaardigheidsbekleërs gebruik word, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties