13 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-08-2026 só ingevul:
Wat noem ons iemand wat van Malta kom?
Malteser Maltaër Maltaan Maltees
Naas "Maltees" erken die AWS ook "Maltesiër" (maar nie "Malteser" nie). 'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Die motor het op die ........ pad in die gietende reën gegly.
gladde glad glat glatte
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Ons het 'n ........ in ons motorhuis gekry.
Knopie Spinnekop knopie spinnekop knopiespinnekop Knopiespinnekop
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die baas het my kollega afgedank. Die woord "afgedank" is 'n ........ .
statiese hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord beskrywende hoofwerkwoord
Oorganklik/onoorganklik: In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die baas het my kollega afgedank. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)