1776 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 06 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-10-2026 só ingevul:



Kan u asseblief die ........ bedrading van die motor nagaan. Die flikkerligte werk nie.
1 % (afgerond)elektries
98 % (afgerond)elektriese 
2 % (afgerond)elektrieke
elektriek

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("elektries"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word dan "elektriese".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Hierdie musiek is in die ........ styl geskryf.
63 % (afgerond)galante 
3 % (afgerond)gelant
27 % (afgerond)gelante
7 % (afgerond)galant

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die eerste "a" in "galant"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan geskryf word as "gelant").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Sarah Raal is die skrywer van " ........ ".
37 % (afgerond)slegs Met die Boere in die Veld
41 % (afgerond)Met die Boere in die Veld of Met die Boere in die veld 
22 % (afgerond)slegs Met die Boere in die veld

Die eerste woord van 'n publikasietitel begin met 'n hoofletter, terwyl die ander hoofwoorde met hoofletters of kleinletters geskryf kan word.
Aangesien "Boere" in die titel na 'n spesifieke volksgroep verwys, word dit altyd met 'n hoofletter geskryf (asof dit 'n eienaam is).
Sien ook die bladsy Publikasiename.



Die Bloeddiens ondervind tans 'n ........ tekort aan bloed en doen 'n beroep op die publiek om bloed te skenk.
2 % (afgerond)krietiese
22 % (afgerond)kritiese
1 % (afgerond)kritike
75 % (afgerond)kritieke 

Die byvoeglike naamwoord "kritiek" slaan op iets gevaarliks: Die beseerde se toestand is "kritiek". Die woord "krities" slaan op 'n ingesteldheid: Iemand is "krities" teenoor iets wanneer hy kritiek lewer.
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties