0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 04 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-05-2026 só ingevul:



Die tennisspeler moker die bal oor die net.
Wat is die woordsoort van "moker" in bostaande sin?
7 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
12 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
75 %oorganklike hoofwerkwoord 
6 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die tennisspeler moker die bal. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die tennisspeler moker al heeldag. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Leonora se ........ neem af wanneer sy die persoon wat sy moet oortuig aantreklik vind.
9 % (afgerond)oorredingvermoë
1 % (afgerond)oorreding-vermoë
90 % (afgerond)oorredingsvermoë 
1 % (afgerond)oorreding vermoë

Die "s"-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in 'n samestelling op "-ing", "-skap", "-heid" en "-(i)teit" eindig. Ander voorbeelde sluit in: "gemeenskapsforum", "veiligheidshek" en "identiteitskrisis". (AWS 19.14)
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Nicoline het gister by haar nuwe skool ........ skoolgaan.
99 % (afgerond)begin 
begen
gebegin
gebegen

Meerlettergrepige werkwoorde wat begin met "be-", "er-", "ge-", "her-", "mis-", "ont-", "ver-" en "weer-" neem gewoonlik nie die "ge-" vooraan in die aanduiding van die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Soos henne kekkel, so ........ ganse?
2 % (afgerond)kloek
2 % (afgerond)koel-koel
30 % (afgerond)snuiter
66 % (afgerond)gaggel 

Kalkoene koel-koel, hoenders kloek en ganse blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties