06 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-11-2026 só ingevul:
Die ........ veg al jare lank vir hul onafhanklikheid.
separatiste saperatiste seperatiste sepperatiste
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die eerste “a” in “separatiste”), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as “seperatiste”).
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Pieter het sy skoene so blink soos ........ gevryf.
'n gletser die sterre glas 'n spieël
Die vergelyking "So blink soos 'n spieël" beteken 'baie blink'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Covid-19 is ........ .
hoogs-aansteeklik hoogs aansteeklik hoogsaansteeklik hoog aansteeklik
Die uitdrukking "hoogs aansteeklik" is 'n kombinasie van die bywoord "hoogs" en byvoeglike naamwoord "aansteeklik". Sulke kombinasies word los geskryf, byvoorbeeld "baie warm", "besonder gunstig" en "uiters gevaarlik" (AWS 14.47).
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Sinoniem vir die woord "optog" is ........ .
demonstrasie betoging demonstrasie of betoging plundery
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)