0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 13 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-08-2026 só ingevul:



Wat noem ons iemand wat van Malta kom?
24 % (afgerond)Malteser
5 % (afgerond)Maltaër
14 % (afgerond)Maltaan
58 % (afgerond)Maltees 

Naas "Maltees" erken die AWS ook "Maltesiër" (maar nie "Malteser" nie).
'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Die motor het op die ........ pad in die gietende reën gegly.
99 % (afgerond)gladde 
1 % (afgerond)glad
glat
glatte

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Ons het 'n ........ in ons motorhuis gekry.
1 % (afgerond)Knopie Spinnekop
2 % (afgerond)knopie spinnekop
86 % (afgerond)knopiespinnekop 
11 % (afgerond)Knopiespinnekop

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die baas het my kollega afgedank.
Die woord "afgedank" is 'n ........ .
5 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
64 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
19 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
13 % (afgerond)beskrywende hoofwerkwoord

Oorganklik/onoorganklik:
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die baas het my kollega afgedank. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties