1776 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 06 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-10-2026 só ingevul:



Lees eers die bepalings en voorwaardes voordat jy sommer 'n ding koop.
Wat is die woordsoort van die woord "bepalings" in bostaande sin?
3 % (afgerond)adjektief
93 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
3 % (afgerond)bywoord
voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: bepaling - die bepaling - bepalings.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die dame in die apteek wou nie vir Wanda sonder haar ........ help nie.
1 % (afgerond)mediese-fonds-kaart
83 % (afgerond)mediesefondskaart 
3 % (afgerond)mediese fonds kaart
13 % (afgerond)mediese fondskaart

Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("mediese fonds") en 'n ander woord ("kaart") verbind. Juis omdat die woordgroep nou optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die plaaslike sakeonderneming het twee ........ .
87 % (afgerond)senior bestuurders 
2 % (afgerond)Senior bestuurders
3 % (afgerond)senior Bestuurders
8 % (afgerond)Senior Bestuurders

Wanneer 'n ampsbenaming ("senior bestuurder") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



'n Versamelnaam vir baie mense bymekaar is 'n ........ .
2 % (afgerond)troep
string
96 % (afgerond)skare 
2 % (afgerond)span

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties