Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 21 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-05-2026 só ingevul:



Die woord "woel" in die volgende sinne is ........ .
Hou op woel en sit 'n slag stil.
Die sooibrand gaan jou woel vannag as jy so baie koolhidrate eet.
17 % (afgerond)homofone
1 % (afgerond)antonieme
3 % (afgerond)sinonieme
79 % (afgerond)homonieme 

Homonieme is woorde met dieselfde uitspraak en spelling, maar verskillende betekenisse. In die eerste voorbeeldsin beteken die woord "woel" 'onrustig wees'; in die tweede sin beteken dit 'pla' of 'lastig val'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Homonieme.



Die klomp het weer tot laatnag ........ .

8 % (afgerond)slegs rinkink
15 % (afgerond)slegs gerinkink
77 % (afgerond)rinkink of gerinkink 

Sommige werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan en waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kan met ’n “ge-“ of daarsonder in die verlede tyd geskryf word (AWS 19.1a).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



........ van der Merwe is 'n bekende Suid-Afrikaanse aktrise.
15 % (afgerond)Annamart
5 % (afgerond)Anna-mart
80 % (afgerond)Anna-Mart 

By dubbelloopname en -vanne, dit wil sê name en vanne wat bestaan uit twee dele wat met 'n koppelteken verbind word, begin elke deel van die gekoppelde voornaam of van gewoonlik met 'n hoofletter. Ofskoon 'n mens ook die spelling "Annamart" teenkom, is dié aktrise se naam 'n dubbelloopnaam.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Hy het sy setel aan die opposisie afgestaan.
Wat is die woordsoort van "setel" in die bostaande sin?
1 % (afgerond)voorsetsel
1 % (afgerond)werkwoord
telwoord
98 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "setel - die setel - setels".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties