22 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-05-2026 só ingevul:
D.J. Opperman se "Gebed om die gebeente" is deur Hendrik Hofmeyr getoonset. 'n Sinoniem vir "gebeente" is ........ .
geraamte graf kis lyk
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die plakkers het die murasie ........ voordat hulle ’n beter heenkome gekry het.
begewoon gebewoon bewoon
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("vertrek"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Jo-ann is ná die ongeluk weer ........ .
perdfris en hondmak perdfris en op die been perdfris en gesond
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “perfris en gesond”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Oudrif lê tussen Clanwilliam en Vanrhynsdorp. Wat is die woordsoort van "tussen" in bostaande sin?
vooronderstelling voornaamwoord voorvoegsel voorsetsel
'n Voorsetsel of preposisie dui die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aan. 'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord ("'n" of "die") na die voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "tussen die berge".
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)