22 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-05-2026 só ingevul:
Die president van die Reserwebank het gemaan dat die daling in die rentekoers nie voldoende ........ vir groei sal gee nie.
stimiles stimilus stimulus stimilis
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “stimilus” in plaas van die korrekte “stimulus”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Sarel was ........ om tweede te eindig in die kompetisie
alomtevrede doodtevrede menstevrede donkietevrede
As iemand volkome tevrede met iets is, is hy/sy "doodtevrede".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die ........ is tussen 1946 en 1956 in grotte in die omgewing van Qoemran ontdek.
Dooie-Seerolle Dooieseerolle Dooie Seerolle Dooie-See-Rolle
In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Dooie See") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("rolle") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Dooie Seerolle" is "Dooie See-rolle" dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Iemand wat huigelagtig is, kan 'n mens ook beskryf as ........ .
slegs skynheilig kritiserend of skynheilig slegs kritiserend hipokrities of skynheilig
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Die woord "huigelagtig" beteken 'skynheilig' of 'hipokrities'. Bron: WAT en Sinoniemwoordeboek
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)