22 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-05-2026 só ingevul:
Al meer boere pas deesdae ........ toe.
droëlandboerdery droë landboerdery droëland boerdery droë land boerdery
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "droë" + selfstandige naamwoord "land") en ʼn selfstandige naamwoord "boerdery".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
In sprokies is daar dikwels karakters wat kan toor. Wat is die woordsoort van "kan" in bostaande sin?
hulpwerkwoord van kousaliteit hulpwerkwoord van tyd hulpwerkwoord van modaliteit hulpwerkwoord van wyse
Hulpwerkwoorde van modaliteit verleen 'n bepaalde houding ten opsigte van die werkwoord. Die belangrikste Afrikaanse hulpwerkwoorde van modaliteit is: hoef, kan, moet, mag en wil.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: As die ........ verdrink het, word die put gedemp.
vis kalf kat kind
Die idioom "as die kalf verdrink het, word die put gedemp", beteken 'wanneer die skade klaar gely is, word maatreëls daarteen getref'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Wie is die digter van die bundel "Chokers en survivors"?
Nathan Trantraal Nathan Trantaal Nathan Tarentaal Nathan Tarantraal
Dié bekende digter se van word "Trantraal" gespel. Die naam van die inheemse voëlsoort is "tarentaal".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)