Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 23-05-2019 (vlak 1)



vorige toets 23 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-05-2019 só ingevul:



Een van die voordele van ʼn ........ is dat ʼn mens nie altyd groot somme geld by jou hoef te hê nie.



5 % (afgerond)krediet kaart
1 % (afgerond)krediet-kaart
94 % (afgerond)kredietkaart 

ʼn Samestelling (“kredietkaart”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“krediet” en “kaart”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Hoeveel ........ het jy in jou versameling?


2 % (afgerond)CD'e
80 % (afgerond)CD's 
17 % (afgerond)CDs
Cdens

Die afkappingsteken word gebruik by letters, syfers, letternaamwoorde in die meervoud en verkleiningsvorme (AWS 2.11).
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Die saak is vir my om 't ........ .


8 % (afgerond)lewe
2 % (afgerond)bewe
3 % (afgerond)lewer
87 % (afgerond)ewe 

Die uitdrukking "iets is om 't ewe", beteken 'dit maak geen verskil nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Vir baie mense is ........ ’n rusdag.


Son Dag
son dag
7 % (afgerond)sondag
93 % (afgerond)Sondag 

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties