Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 05-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 05 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-09-2019 só ingevul:



Die padtekens ........ dat daar vorentoe gevaar is.



5 % (afgerond)dui-aan
7 % (afgerond)duiaan
7 % (afgerond)aandui
80 % (afgerond)dui aan  

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die padtekens uit gevaar aan.” en “Die padtekens kan gevaar aandui.”
Sien ook die bladsy Samestellings.




Vir my badkamer benodig ek nog 'n spieël, handdoekreling ........ en 'n badmatjie.


15 % (afgerond),
84 % (afgerond)geen leesteken 
1 % (afgerond):
;

Ons gebruik gewoonlik nie 'n komma voor die woord "en" nie.
Sien ook die bladsy Komma.




Die nuwe meisie in ons klas dink sy is ........ .



9 % (afgerond)botter
4 % (afgerond)melk
28 % (afgerond)room
59 % (afgerond)kaas 

Die idioom "iemand dink hy/sy is kaas (en dan is hy/sy nog nie eers dikmelk nie)", beteken 'iemand het sonder rede 'n baie hoë dunk van hom-/haarself'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die wêreldbekende natuurverskynsel naby Oudtshoorn staan bekend as die ........ .


14 % (afgerond)Kangeroegrot
7 % (afgerond)kangogrotte
5 % (afgerond)kangeroegrot
74 % (afgerond)Kangogrotte 

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge, grotte ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties