’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “blits - die blits – blitse”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die lewer ........ .
afskei gal. skei gal af.
skei-af gal.
skei af gal.
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die lewer skei gal af.” en “Wat is dit wat die lewer afskei?”
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons huishulp kom altyd op 'n ........ .
dinsdag Dinsdag
dinstdag
Dinstdag
Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Wat noem ons mense wat van buite Suid-Afrika se grense kom om hulle permanent hier te vestig?
immigrante
imigrante
emmigrante
emigrante
'n Immigrant kom die land in; 'n emigrant gaan die land uit.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)