Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 23-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-04-2024 só ingevul:



Die jong meisies is lief daarvoor om skoene met hoë hakke te dra.
Wat is die woordsoort van die woord "skoene" in bostaande sin?


3 % (afgerond)adjektief
2 % (afgerond)werkwoord
93 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: skoen - die skoen - skoene.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




In die museum is ’n hele paar ........ manuskripte uit die Middeleeue


92 % (afgerond)handgeskrewe 
3 % (afgerond)hand geskryfte
1 % (afgerond)hand geskryfde
3 % (afgerond)handgeskryfte

ʼn Samestelling ("handgeskrewe") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (die naamwoord "hand" en die deelwoord "geskrewe") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. (AWS 14.3).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die wêreld se tweede grootste kontinent is ........ .


95 % (afgerond)slegs Afrika 
5 % (afgerond)afrika of Afrika
slegs afrika

Geografiese name, byvoorbeeld name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




Alles het ........ verloop.


10 % (afgerond)olieglad
74 % (afgerond)seepglad 
15 % (afgerond)botterglad
1 % (afgerond)ghriesglad

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties