Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 21-02-2019 (vlak 2)



vorige toets 21 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-02-2019 só ingevul:



Redi het haar bekken beseer toe sy van die leer afgeval het.
'n Sinoniem vir die woord "bekken" in bostaande sin is:


3 % (afgerond)koksis
2 % (afgerond)dybeen
1 % (afgerond)skeen
94 % (afgerond)pelvis 

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "bekken - pelvis".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die Springbokke het Saterdag die ........ vertoning van die jaar gelewer.


3 % (afgerond)mees power
8 % (afgerond)mees powerste
89 % (afgerond)powerste 
meer powerste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “power”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “powerder” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die powerste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Kaapstad is in die ........ geleë.


wekaap
18 % (afgerond)Weskaap
81 % (afgerond)Wes-Kaap 
1 % (afgerond)wes Kaap

Indien rigting in 'n naam aangedui word, begin die rigtingkomponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




My sleutels is al weer weg.
Wat is die woordsoort van "weg" in bostaande sin?


33 % (afgerond)attributiewe adjektief
42 % (afgerond)predikatiewe adjektief 
10 % (afgerond)adverbiale adjektief
15 % (afgerond)abstrakte naamwoord

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n ongepoetste vent”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die sleutels is weg".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties