Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 17-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 17 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-04-2024 só ingevul:



My ........ in die lewe is positief. Ek probeer elke dag 'n verskil maak.



1 % (afgerond)uitgangenspunt
uitgang-punt
2 % (afgerond)uitgangpunt
96 % (afgerond)uitgangspunt 

By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld “uitgangspunt”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




In die Romeinse ........ het swaardvegters teen mekaar geveg.


1 % (afgerond)areenas
23 % (afgerond)arena's
areena's
76 % (afgerond)arenas 

Die meervoudsvorm van die woord "arena" kry nie 'n afkappingsteken nie omdat die woord nie op 'n beklemtoonde "a" eindig nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




As jy vir iemand wil sê hy moet eers 'n huis koop voor hy trou, sê ons in die idioom: "Eers die ........ , dan die vroutjie."


16 % (afgerond)houtjie
1 % (afgerond)moutjie
81 % (afgerond)koutjie 
2 % (afgerond)boudjie

Die idioom beteken 'jy moet eers 'n huis (voëlkoutjie) kry voor jy trou'. Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Sjoe, maar die ........ in jou tuin is darem mooi!


1 %Madelifi's
88 % (afgerond)madeliefies 
11 %Madeliefies
madelifi's

Gewone name van plante en diere word met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties