Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 27-03-2024 (vlak 2)



vorige toets 27 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-03-2024 só ingevul:



Die ........ is bekend vir olywe, goeie wyn en 'n luilekker leefstyl.


6 % (afgerond)Middellandse-See-Gebied
61 % (afgerond)Middellandse Seegebied 
28 % (afgerond)Middellandse-Seegebied
6 % (afgerond)Middellandse See Gebied

In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Middellandse See") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("gebied") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Middellandse Seegebied" is "Middellandse See-gebied" dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




Boetie is 'n introvert ........ Sussie is ook maar skamerig.


1 % (afgerond)/
29 % (afgerond),
2 % (afgerond):
68 % (afgerond); 

'n Kommapunt kom in die middel van 'n sin voor. Daar is 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
Sien ook die bladsy Kommapunt.




Idioom: Klein begin, aanhou ........ .


begin
91 % (afgerond)win 
7 % (afgerond)besin
1 % (afgerond)bemin

Die idioom "klein begin, aanhou win", beteken 'volharding bring sukses, al is die begin nietig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Albert het ........ met lof geslaag.


4 % (afgerond)slegs psigologie 211
42 % (afgerond)psigologie 211 of Psigologie 211
54 % (afgerond)slegs Psigologie 211 

Name van vakgebiede (soos privaatreg, wiskunde, bedryfsekonomie, ensovoorts) word nie verpligtend met 'n hoofletter geskryf nie. Wanneer dit egter die naam van 'n spesifieke module aan 'n instelling is, word dit wel met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties