Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 16-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 16 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-04-2024 só ingevul:



Tant Stienie het so ʼn ........ stem, ʼn mens hoor haar tot op die hoek van die straat.


83 % (afgerond)skel  
9 % (afgerond)skelle
8 % (afgerond)skellende
skels

Sommige byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry nie ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die maatskappy is ........ op soek na beleggers om hom van ondergang te red.


4 % (afgerond)narstiglik
49 % (afgerond)naarstigtelik
33 % (afgerond)naarstiglik 
14 % (afgerond)narstigtelik

Wanneer ’n mens (verkeerdelik) ’n ekstra klank in ’n woord uitspreek en skryf, noem ons dit klanktoevoeging, byvoorbeeld die “r” in “agterlosig” in plaas van die korrekte “agtelosig” en die “te” in “naarstigtelik” in plaas van die korrekte “naarstiglik”.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.




Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 26 Desember gevier word?


21 % (afgerond)Familiedag
2 % (afgerond)Famieliedag
7 % (afgerond)Welwilendheidsdag
70 % (afgerond)Welwillendheidsdag 

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




Die minister onthaal sy vriende ........ .



93 % (afgerond)rojaal 
1 % (afgerond)royale
6 % (afgerond)royaal

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "rojaal" kom van Frans.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties