Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 23-05-2019 (vlak 3)



vorige toets 23 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-05-2019 só ingevul:



'n Oormaat blootstelling aan ........ is skadelik vir 'n mens se gesondheid.


82 % (afgerond)bakterieë 
1 % (afgerond)bakteries
17 % (afgerond)bakterië

Woorde wat in die enkelvoud op "ee", "i" (wat nie deel van 'n diftong is nie), "ie" of "oe" eindig en 'n meervoud met "-e" kry, word onderskeidelik met "eë", "ië", "ieë" en "oeë" gespel (AWS 14.10).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Is daardie boom 'n ........ ?


1 % (afgerond)sireng
1 % (afgerond)sireng
95 % (afgerond)sering 
2 % (afgerond)siring

Die [ә]-klank word in oop lettergrepe met “e” geskryf (AWS 18.15)
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Verbruikersregte was bo-aan die agenda tydens die ........ .


2 % (afgerond)tweede-handsehandelaarsforum
87 % (afgerond)tweedehandsehandelaarsforum 
11 % (afgerond)tweedehandse handelaarsforum
tweede handse handelaarsforum

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "handelaar") en ʼn selfstandige naamwoord "forum". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die gebruik van ........ as gevegstrategie is ook tydens die Anglo-Boereoorlog ingespan.


1 % (afgerond)gorilavegters
11 % (afgerond)guerilavegters
15 % (afgerond)gorillavegters
73 % (afgerond)guerrillavegters 

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. In Spaans beteken "guerrilla" 'klein oorloggie'.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties