Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 15-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 15 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-04-2024 só ingevul:



Ja, swaer, dit gaan vanoggend maar so ........ .


2 % (afgerond)hakentak
13 % (afgerond)hak en tak
81 % (afgerond)hak-en-tak 
3 % (afgerond)hakkentak

Die woord "hak-en-tak" is 'n volksetimologiese vorm van die Nederlandse "hakketakken" wat 'twis' of 'kibbel' beteken. In Afrikaans kan dit ook beteken dat dinge nie voorspoedig verloop nie. Ons kan ook sê: "Hulle het gehak-en-tak" om te verwys na mense wat met mekaar gestry het.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




Idioom: Elke ........ is koning op sy eie mishoop.


2 % (afgerond)leeu
23 % (afgerond)miskruier
74 % (afgerond)haan 
sprinkaan

Hierdie idioom beteken 'elkeen voel hom die meerdere op sy eie gebied'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die swemmer het uitgeblink in die ........ .


35 % (afgerond)400m- individuele wisselslag
16 % (afgerond)400 m-individuele-wisselslag
30 % (afgerond)400 m- individuele wisselslag  
19 % (afgerond)400m-individuele-wisselslag

Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“individuele”) sou dit vas geskryf word as “400 m-wisselslag” (AWS 12.25). Let daarop dat daar altyd 'n spasie tussen 'n syfer en 'n SI-eenheid is.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die afkorting "adv." staan vir ........ .


1 % (afgerond)adviseur
9 % (afgerond)advertensie
90 % (afgerond)advokaat 
1 % (afgerond)aan die vereiste

Die afkorting "adv." word as afkorting gebruik vir die woorde "advokaat", "adverbiaal" en "advies". 'n Volledige lys van afkortings verskyn agterin die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties