Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 28-03-2024 (vlak 3)



vorige toets 28 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-03-2024 só ingevul:



Die weermag het vanjaar vyf nuwe ........ ingehuldig.


56 % (afgerond)adjudant-generaals
4 % (afgerond)adjudants-generaal
33 % (afgerond)adjudante-generaal 
8 % (afgerond)adjudant-generale

Die laaste lid van saamgestelde rangbenamings kry die meervoudsvorm, byvoorbeeld "generaal-majoors", "sersant-majoors" (AWS 13.12). In hierdie geval is die rang "adjudant", terwyl "generaal" 'algemeen' beteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




"Dankie, jou hulp was baie ........ ."


9 % (afgerond)oppurtuun
5 % (afgerond)oppertien
86 % (afgerond)opportuun 
oppirtien

"Opportuun" (b.nw. en bw.) beteken 'op 'n geleë tyd' of 'van pas'.
Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.

Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Ek moet 'n ander motor koop; gee vir my die ........ aan dat ek kyk wat adverteer hulle.


1 % (afgerond)tweede handse motor gids
91 % (afgerond)tweedehandsemotorgids 
tweede handse motorgids
8 % (afgerond)tweedehandse motorgids

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "motor") en ʼn selfstandige naamwoord "gids". Indien 'n mens "tweedehandse motorgids" sou skryf, beteken dit ''n tweedehandse gids waarin motors verskyn' en nie ''n gids waarin tweedehandse motors verskyn' nie.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die boot in die droogdok moet eers ........ gemaak word voordat dit te water gelaat kan word.


1 % (afgerond)see-vaardig
58 % (afgerond)seevaardig
41 % (afgerond)seewaardig 
see-waardig

Passasiers is "pad- of reisvaardig" as hulle gereed is om te vertrek. Voertuie in 'n goeie toestand is "padwaardig"; skepe is "seewaardig" en vliegtuie is "lugwaardig".
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties